Bavaria Boerdery Suid Afrika

Oor Ons

Bavaria Boerdery 

0 +
Bestaan Jare

Bavaria Boerdery is in 1996 gestig deur Thys Ungerer, toe die eerste plaas Bavaria aangeskaf is.

Die doel was aanvanklik om ‘n Bonsmara-stoetery as ‘n stokperdjie te beoefen. 

Hy het toevallig iemand ontmoet wat ‘n besoek aan ‘n proefplaas afgele het, en hy het hom vertel van hoe goed die Nguni Beesras presteer het. Daar is toe baie opgelees oor die beesras en hy was só beïndruk dat hy besluit het om al sy Bonsmara beeste te verkoop en met ‘n Nguni Stoetery te begin.

In die tussen tyd het Thys se seuns, Kobus en Chris, beide in hul eie beroepe, by hom aangesluit en na 25 Jaar word daar steeds met Nguni’s geboer. Wat aanvanklik as n stokperdjie begin is, het nou gegroei na meer as 500 teelkoeie en brei steeds uit.

Ons kudde – 

In ons eie kudde, wat uit een-derde stoet en twee-derde kommersiële diere bestaan, het ons terminale kruising met vleisras bulle begin doen (Bovelder, Sussex & Braford). Verskeie proewe het in die afgelope tyd aangetoon dat teling alleen in ‘n kudde wat reeds optimaal funksioneer, baie min kan bydra om produktiwiteit verder te verhoog.  Daarenteen bied terminale kruisteling en heterose (“basterkrag”) die geleentheid om produksie  (gemeet as vleis/hektaar) verder te verhoog. 

Nguni Koei in Vrede

Bavaria Boerdery pas ‘n 30-maande osstelsel toe en beeste word direk vanaf die veld bemark as “natuurlike” of “organiese” vleis.  Die uitdaging is om beeste op die veld af te rond sodat aan die markvereistes van smaaklike hoë kwaliteit rooi vleis met aanvaarbare vetheidsgradering voldoen word.

Dit is alombekend dat die voedingswaarde van weiding in die Hoëveld in die winter baie laag is en dit is noodsaaklik om die natuurlike weiding met aangeplante weiding of ander voedselbronne, aan te vul.  Bavaria Boerdery is daarvan oortuig dat die toepassing van bewaringsboerdery-beginsels noodsaaklik is vir ‘n volhoubare vleisbeesboerdery.  Die boerdery is tans besig met die vestiging van diverse dekgewas-weiding, met minimum bewerking beginsels.

Bavaria Boerdery Suid Afrika

Matthys Johannes Ungerer

(Geb : 1931-04-04  Sterf 2021-07-02)

Mathhys Johannes Ungerer is op Vrede gebore en het op die plaas Rondekop in die distrik Cornelia grootgeword.  Na laerskool in die plaasskool, Aleta, is Thys na die koshuis op Vrede en matrikuleer in Vrede Hoërskool  in 1948.  

Thys studeer aan die  Universiteit van Pretoria eestens as tandarts, en, studeer hy medies en spesialiseer in Narkose by Universiteit in Pretoria.  Sedert 1971 was Thys departementshoof by die pas-gestigde Mediese Skool aan die Universiteit van die OVS en was hy by die Skool betrokke tot en met sy aftrede in 1996 betrokke..

Na sy aftrede het Thys begin met ‘n Nguni stoetery op die plaas Bavaria, Vrede en was hy ‘n aktiewe lid van die boerdey gemeenskap en was onder andere voorsitter van die Hoëveld Nguni Klub (2003-05) en Oos Vrystaat veldbulklub.